loader image
Oakhill News
Afrikaanse Kultuuraand – Junie

Afrikaanse Kultuuraand – Junie

Ek was al by ses Afrikaanse Kultuuraande by Oakhill en telkens is my onverskrokke antwoord JA as my vrou sê die volgende een is naby.

Die samestelling van so ‘n aand stem van jaar tot jaar net genoeg ooreen om die konteks te behou maar is oorkoepelend tog so anders. Ek het ‘n diep innige liefde vir Afrikaans wat ver gewortel is, so, dit is maklik vir my om sulke aande intens te geniet. Wat my telkens verbaas, met veral verwysing na die onlangse kultuuraand, was dat mense en gesinne wat nie Afrikaans grootgeword het nie, so genotvol en met passie van die bekende liedjies saamgesing het. ‘Kaptein’ van Kurt Darren is ‘n treffer en man en muis, kinders ingesluit, het uit volle bors saam ge-‘Kaptein’.

By so ‘n Afrikaanse kultuuraand gaan dit oor meer as net die kunstenaars (leerders en onderwysers) wat in Afrikaans voordra, sing en op bekende Afrikaanse liedjies dans, saamsing en mimiek. Hier word daar iets van die Afrikaanse gasvryheid en gemaklikheid uitgeleef. Almal is samehorig en gesins- en vrienskapsbande word verdiep. Mense word geïnspireer deur hulle in die prosa en musiek in te leef.
‘n Oakhill Afrikaanse kultuuraand is ook ‘n aand wat sonder pretensie, waar elkeen wat teenwoordig is met mekaar praat. Dit maak nou nie saak of die lighartigheid van Jack Parrow jou geval of die intensiteit van ‘Droomvrou’ se klanke jou meesleur nie, jy kan nie anders om geraak te wees na so ‘n spesiale aand nie.

Omdat ek in wese ‘n denker, analis en konnekteerder is, is sulke aande se unieke samestelling vir my altyd interessant. Ek sien hoe die ouers en familie met oorgawe hulle gate uit geniet, hoe die kinders geinspireer word deur die vrolike melodië en hoe die onderwysers dit geniet as hulle ‘n “medley” van die mooiste Afrikaanse musiek uitvoer.

Voorwaar, dit is ‘n voorreg om ‘n Oakhill Afrikaanse kultuuraand by te woon en mag ek gespaar word om sommer nog vir baie jare telkens my plek vol te sit…..

Soos die ou bekende spreekwoord sê, “MOG HET TREFFE”, dit het ook weer dié jaar sekuur getref, dankie!

Michiel Coetzee

Related News

General

OSC Upgrade

Our beautiful OSC is also currently undergoing a facelift! In addition to the improved bike track, the upgrade to our…

Read More

Share

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp

Recent News